
=====================================================================
Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans n die verkiesing

VOLGENS belangrike uitsprake in die media en uit gesprekke met verantwoordelike leiers is dit duidelik dat Afrikaans 'n waardevolle plek in 
die land sal aanhou h n die verkiesing van 1999.

Op 4 Mei het pres. Mandela oor die TV program Pasella ges: "Afrikaans is een van die belangrikste tale in die land en indien iemand 'n 
groot gedeelte van die land se burgers wil bereik, is dit belangrik om met mense in Afrikaans te kommunikeer."

Mnr. Mbeki het uitvoerige gesprekke met Afrikaanstaliges uit alle groeperinge gevoer oor hulle kommer en aspirasies vir die toekoms. Hy het 
die versekering gegee dat hy ook n die verkiesing met hierdie oorlegplegingsproses sal voortgaan en dat hy 'n meganisme in sy kantoor sal 
skep om te kyk na sensitiewe taalbesluite.

En tog is daar mense in die ANC-regering en sy strukture wat Afrikaans maar net as nog 'n minderheidstaal behandel. Dit is duidelik uit wat 
by die SABC, die Poskantoor en ander staatsinstellings gebeur. Hierdie tipe terugdrukking van Afrikaans, veral in sy hor funksies, sal 
neig om voort te gaan ook n die verkiesing.

Dit wat taalsosiolo die etno-dinamiek van 'n taalgroep noem, kan help keer dat di terugdrukking nie te ver vorder nie. Dit gaan onder 
andere van die innerlike krag en uitlewingsdinamiek van die Afrikaanstaliges afhang wat vorentoe van Afrikaans word.

Een van die argumente wat ons toenemend in die Suid-Afrikaanse taalopset kan verwag, is dat veeltaligheid "te duur" is en dat bv. die 
Afrikaanstaliges daarom maar moet swig op sekere terreine.

Dit is di soort argument wat liefs gou nekomgedraai moet word. Wie s daar is nie geld nie, en waarvoor word die geld dan aangewend? As 
taalberegting nie uitgevoer word nie, kan daar taalonluste kom, en taalonluste kan duur gevolge h. Ook demokrasie is duur, dit moet mens 
besef. Net so is 'n gesonde meertaligheidsbeleid 'n saak waarvoor 'n bevolking, en die belastingbetalers, sekere opofferings moet doen. 
Anders word net 'n klein elite-groepie bevoordeel wat uitstekend deur medium van Engels kan funksioneer.

Voor die verkiesing het dit opnuut duidelik geword hoe verdeeld Afrikaanstaliges kan wees, te oordeel na die verskeidenheid partye waarin 
hulle hulle tuismaak. Net sommige van hierdie partye het al eenstemmigheid bereik oor kulturele samewerking.

'n Formule vir groter samewerking in Afrikaansgeledere sal eenvoudig gesoek moet word, ook n die verkiesing. Hierin sal die bewusmaking en 
mobilisering van die bre burgerlike gemeenskap, met ander woorde oor politieke grense heen, 'n rol speel.

Dit mag egter nie beteken dat 'n nuwe tipe "taalapartheid" nagestreef word nie. Afrikaanstaliges wil die hand van ander taalgroepe vat op 
die pad vorentoe. Daar is verskeie Afrikataalgroepe wat reeds gevra het hulle wil hulle eie tale ook so hoog ontwikkel soos Afrikaans en 
dat die Afrikaanstaliges hulle hiermee moet help. Dit geld bv. die ontwikkeling van woordeboeke, terminologie en nuwe leesstof op allerlei 
gebiede, asook hulp oor taal in die onderwys.

Een van die vrae wat al hoe harder n die verkiesing gevra gaan word sover dit Afrikaans betref, is in watter mate daar wel suksesvolle 
ontwikkelingswerk in agtergeblewe gemeenskappe deur medium van di taal verrig word. Gelukkig bestaan daar goeie voorbeelde van 
gemeenskapsprojekte gedra deur Afrikaans, maar nog lank nie genoeg nie.

Dit is een van die prioriteite van die Stigting vir Afrikaans om toenemend klem te l op Afrikaans as 'n medium vir ontwikkeling en groei, 
'n bemagtigingstaal vir die bre gemeenskap.

Die Stigting wil nie slegs van sy eie bronne gebruik vir werk op di gebied nie. Hy wil ook help sigbaar maak die uitstekende werk wat 
ander instansies reeds lewer, en waarvoor hulle ondersteuning nodig het. Dr. Karel Prinsloo,   uitvoerende direkteur van die Stigting vir 
Afrikaans.

HOOFARTIKEL

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av626.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

